‘n Handvol Niks

Binne my, altyd
loop ek met ‘n handvol niks
‘n vakuum waar my drome once upon a time geslaap het
‘n vuis vol van hoe ek die wêreld sou verander

Binne my, altyd
Is die handvol niks swaar
Dis snaaks hoe minder soms heavier kan weigh op jou

Binne my, altyd
Vermy ek die handvol niks
Die naïviteit van ‘n kind wie opgevou en toegevou en dwars gevou was in die liefde

Ek het niks meer of minder nodig gehad nie.
My lewe was kaneelsuiker pannekoeke op ‘n nat wintersaand.
Dit was laatnag flieks by die Ster-Kinekor.
Bob Dylan on Saturday mornings.

Binne my, om my, orals op my
Klou die handvol niks.

Het ek jou verloor iewers?
Ons was tog close, was ons nie?